Iyov 38:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het יהוה Iyov uit ’n warrelwind geantwoord en gesê:

2. “Wie is hierdie wat raad gee deur woorde sonder kennis?

3. Gord vas jou heupe soos ’n dapper man, want Ek sal jou ondervra en jy sal My antwoord.

4. Waar was jy toe Ek die aarde se fondasies gelê het? Verklaar of jy insig het.

5. Wie het sy afmetinge neergelê, as jy weet, of wie het die maatlyn daaroor gespan?

6. Waarop rus sy kante, of wie het sy hoeksteen gelê?

7. Wanneer het Ek die oggend-sterre geskep en het al die engele van vreugde gejubel?

Iyov 38