Iyov 30:22-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. U lig my op na die wind, U laat my daarop ry en dan beproef U my en maak my ellendig

23. en tog weet ek dat U my sal terugbring vanaf die dood na die bymekaarkomplek van alles wat lewe,

24. maar Hy sal nie Sy hand teen my uitsteek nie en wanneer ek na Hom uitroep, sal Hy my red.

25. Ek het in die dag gehuil vir die armes; my lewe het getreur vir die vaderloses,

26. maar toe ek uitgekyk het vir die goeie, het boosheid gekom en toe ek gewag het vir lig, het duisternis gekom.

27. My binneste is rondgeskud en het nie gerus nie; dae van ellende het oor my gekom.

Iyov 30