Iyov 30:17-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. In die nag is my gebeente in pyn en my liggaam het geen krag nie.

18. Ek het my kleed aangetrek en my omvou met my bo-kleed,

19. maar hulle het my in die modder gegooi en ek het geword soos stof en as.

20. Ek roep uit na U en U antwoord my nie; ek staan op en U neem my nie in ag nie.

21. U het my behandel soos ’n vyand teen U, met U sterk hand my teruggehou.

22. U lig my op na die wind, U laat my daarop ry en dan beproef U my en maak my ellendig

23. en tog weet ek dat U my sal terugbring vanaf die dood na die bymekaarkomplek van alles wat lewe,

24. maar Hy sal nie Sy hand teen my uitsteek nie en wanneer ek na Hom uitroep, sal Hy my red.

25. Ek het in die dag gehuil vir die armes; my lewe het getreur vir die vaderloses,

Iyov 30