Iyov 3:11-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Waarom het ek nie in die baarmoeder gesterf nie? Waarom het ek uitgekom by geboorte?

12. Waarom is ek op my moeder se knieë grootgemaak? Waarom het ek aan die borste gedrink?

13. Ek moes nou in die graf gelê en stil gewees het; ek moes geslaap het, dan sou ek tot rus gekom het

14. saam met konings en raadgewers van die aarde, wat verlate plekke vir hulleself bou;

Iyov 3