Iyov 23:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Iyov geantwoord en gesê:

2. “Selfs vandag is my klagte bitter; God se hand is swaarder en vermeerder my gekerm.

3. Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind sodat ek na Sy plek kon gaan!

4. Ek sou my saak stapsgewys voor Hom bring en my mond vul met argumente.

5. Ek sou weet wat Hy my sou antwoord en verstaan wat Hy vir my sou sê.

Iyov 23