Iyov 21:4-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Ek sal my klagte teenoor ’n mens uitspreek; waarom my gees ontsteld is.

5. Draai om na my, wees verstom en lê jou hand op jou mond.

6. Selfs as ek daaraan dink, bewe ek en angs gryp my vlees aan.

7. Waarom bly die bose lewe en waarom is die magtiges vol krag vir jare?

8. Hulle nageslag word voor hulle bevestig saam met hulle en hulle seuns voor hulle oë.

9. Hul huise is veilig van vrees en ook is die lat van God nie op hulle nie.

10. Hulle bul teel en faal nie; hulle koei kalf en het geen miskraam nie.

11. Hulle kinders staan vas soos ’n trop en hulle seuns dans.

12. Hulle vat die tamboeryne en harpe en verheug hul by die klank van sang.

13. Hulle spandeer hul dae in oorvloed en gaan dan skielik af na Sh’ol.

14. Hulle sê vir God: ‘Gaan weg van ons af, want ons begeer nie om U lewenswyses te ken nie.’

15. Hulle sê verder: ‘Wie is God dat ons Hom sou dien en wat sal dit ons baat dat ons tot Hom sal bid?’

16. Let op, hulle het geen mag oor hulle voorspoed nie; die raad van die bose is ver van my!

17. Hoe dikwels word die bose sonder ’n erfgenaam gelaat! Hoe dikwels kom hul vernietiging oor hulle! God deel smarte uit in Sy woede.

18. Hulle is soos strooi voor die wind en soos kaf wat die storm wegdra.

19. God sit die boosheid van ’n man eenkant vir sy kinders; Hy betaal dit terug aan hom en hy sal dit weet!

20. Sy eie oë sal sy vernietiging sien en hy sal drink van die woede van die Almagtige,

21. want watter plesier het hy in sy huis wat ná hom is, as ’n gedeelte van sy jare vir sy nageslag opsy gesit word?Yes 40:13,14; Rom 11:34; 1 Kor 2:16 aangesien Hy die Een is wat die trotses oordeel?

22. Sal enige een vir God kennis leer,

23. Een sterf in volle krag, liggaamlik gesond, volledig selfversekerd en gemaklik.

Iyov 21