Iyov 21:20-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Sy eie oë sal sy vernietiging sien en hy sal drink van die woede van die Almagtige,

21. want watter plesier het hy in sy huis wat ná hom is, as ’n gedeelte van sy jare vir sy nageslag opsy gesit word?Yes 40:13,14; Rom 11:34; 1 Kor 2:16 aangesien Hy die Een is wat die trotses oordeel?

22. Sal enige een vir God kennis leer,

23. Een sterf in volle krag, liggaamlik gesond, volledig selfversekerd en gemaklik.

24. Sy liggaam is vol vet en sy gebeente is vol murg

25. en ’n ander sterf in die bitterheid van sy lewe, wat nooit voorspoed gesmaak het nie.

26. Hulle sal saam in die stof lê en die wurms sal hulle bedek.

27. Let op, ek ken julle gedagtes en die slim planne wat julle verkeerdelik teen my smee,

28. want julle sê: ‘Waar is die huis van die edelman en waar is die plek waar die bose sy tent opgeslaan het?’

Iyov 21