Hoshea 9:10-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Ek het Yisra’el gevind soos druiwe in die wildernis; Ek het julle voorvaders gesien soos die vroegste vrugte aan die vyeboom in sy eerste seisoen, maar hulle het na Ba’al-P’or gekom en hulle toegewy aan skande en hulle het so verwerplik geword soos dit wat hulle liefhet.

11. Wat Efrayim betref, hulle lof en eer sal wegvlieg soos ’n voël: geen bevrugting, geen verwagting en geen geboorte nie!

12. Alhoewel hulle hul kinders grootmaak, nogtans sal Ek hulle beroof totdat daar nie ’n mens oor is nie. Ja, wee hulle inderdaad wanneer Ek van hulle af weggaan.

13. Efrayim, soos Ek gesien het, is geplant in ’n aangename grasland soos Tzor, maar Efrayim sal sy seuns uitbring na die slagting.

14. Gee hulle, o יהוה; wat sal U gee? Gee hulle ’n miskramende moederskoot en droë borste.

15. Al hulle boosheid is by Gilgal; inderdaad het Ek hulle daar begin haat; weens die boosheid van hulle dade sal Ek hulle uit My huis uitdryf. Ek sal hulle nie meer liefhê nie. Al hulle prinse is rebelle.

16. Efrayim is getref, hulle wortel is opgedroog, hulle sal geen vrugte dra nie. Selfs al het hulle kinders, sal Ek die kosbares van hulle skoot neerslaan.

17. My God sal hulle weggooi omdat hulle nie na Hom geluister en gedoen het nie en hulle sal swerwers onder die nasies wees.

Hoshea 9