Hoshea 12:3-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. (12:4) In die moederskoot het hy sy broer aan die hakskeen gevat en in sy volwassenheid het hy met God geveg.

4. (12:5) Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry; hy het gehuil en Sy guns gesoek. Hy het Hom by Beit-El gevind en daar het Hy met ons gepraat,

5. (12:6) יהוה, God van die leërmagte, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit).

6. (12:7) Keer daarom terug tot jou God, beoefen liefdevolle omgee en regverdige oordeel en wag voortdurend op jou God.

7. (12:8) ’n Handelaar, in wie se hand vals weegskale is, hy hou daarvan om te bedrieg.Open 3:17

8. (12:9) Efrayim sê: “Ek het sekerlik ryk geword, ek het rykdom vir myself gevind; in al my arbeid sal hulle geen onregverdigheid in my vind, wat sonde sou wees nie.”

Hoshea 12