1. My afgesonderde broers, wat deel in die hemelse roeping, dink daarom versigtig aan Yeshua, Die Gesalfde Een, wat ons openlik erken as God se Afgevaardigde en nie-Levitiese Hoofpriester.Num 12:7
2. Hy is vertrouenswaardig teenoor God wat Hom aangestel het, net soos Moshe in God se hele huishouding getrou was,
3. want hierdie Een se lof en eer is baie meer as die van Moshe, soveel as wat hy wat die huis gebou het, baie meer eer het as die huis,
4. want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat voortdurend alles bou, is God.