Hebreërs 12:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Julle het tot nou toe nog nie met bloed weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie

5. en julle het weggedwaal van die lering wat tot julle as seuns praat: “My seun, moenie wegdraai van die vasgestelde pad van יהוה of verslap in jou lewe as jy deur Hom gedissiplineer word nie,Spr 3:11-12

6. want יהוה dissiplineer hom wat Hy liefhet en Hy ontvang hulle met wie Hy tevrede is.”

7. Verduur daarom die dissipline, want God behandel julle as kinders. Watter seun word nie deur sy vader gedissiplineer nie?

8. As julle nie gedissiplineer word, soos elke persoon gedissiplineer word nie, dan is julle vreemdelinge en nie kinders nie.

Hebreërs 12