Hebreërs 12:26-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Wie se stem die aarde geskud het, maar nou het Hy belowe en gesê: “Nog een maal sal Ek nie alleen die aarde skud nie, maar ook die hemel.”

27. Hierdie woord: ‘nog een maal,’ wys duidelik op die verandering van die dinge wat geskud word sodat die wat nie geskud kan word nie, kan oorbly.1 Kef 2:5

28. Omdat ons daarom die Koninkryk ontvang het wat onskudbaar is, sal ons onverdiende guns ontvang, waardeur ons God sal dien en tevrede stel in respekvolle vrees en in aanbidding,Deut 4:24; Deut 9:3; Yes 33:14

29. want ons God is ’n verterende vuur.

Hebreërs 12