Hebreërs 12:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As gevolg hiervan, laat ook ons, wat so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, elke las en die sonde wat altyd gereed is vir ons, afgooi en met aanhoudende geduld die resies hardloop wat voor ons lêPs 110:1

2. en laat ons die oë hou op Yeshua, die Ontwerper en Voltooier van ons vertroue, wat ter wille van die vreugde, die kruis verdra het, die skande ignoreer het en sit op die regterkant van die troon van God.

3. Let op, daarom, hoeveel Hy van sondaars, hulle wat teëstaanders van hulle eie lewe is, deurstaan het sodat julle nie in julself onverskillig word en julle lewe verswak nie.

Hebreërs 12