Handelinge 27:8-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Toe ons dit met moeite verbygeseil het, kom ons by ’n plek wat Mooihawens genoem word, naby die stad Lasaia,

9. maar omdat baie tyd verbygegaan het, dit al gevaarlik geword het om te seil en die vasdag van ‘Yom-Kippur’ ook al verby was, het Sha’ul aanbeveel

10. en gesê: “Manne, ek het gesien dat die reis met beserings en groot skade gepaard sal gaan, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewens.”

Handelinge 27