Handelinge 27:34-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

34. daarom vra ek julle om kos te eet, vir die behoud van julle lewe, want van niemand onder julle sal ’n haar van sy kop afval nie.”

35. Toe hy dit gesê het, vat hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet

36. en hulle het almal moed geskep en kos geëet.

37. Ons was altesaam twee honderd ses en sewentig mense op die skip.

Handelinge 27