3. Daar verskyn aan hulle tonge soos van vuur, wat self verdeel en op elkeen van hulle gaan sitNum 11:29; Yeg 39:29; Luk 24:49 en het begin praat in verskillende tale, soos die Gees aan hulle gegee het om te praat.
4. en hulle is almal volgemaak met die Gees van Afsondering
5. Daar het ook in Yerushalayim manne gebly wat God respekvol gevrees het, Jode uit elke nasie wat onder die hemel is.
6. Toe daardie stemme kom, het ’n groot skare mense saamgedrom en was verward, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal praat.
7. Hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: “Let op, is almal wat daar praat, dan nie van die Galil nie
8. en hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie geboortetaal?”
9. (Parthiane, Mede, `Eilamiete (Perse), die inwoners van `Aram Naharayim, Y’hudah, Kappadokia en van die streke van Pontos en Asië,