Handelinge 15:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Manne wat van Y’hudah af gekom het, het die broers geleer: “As julle nie besny word, volgens die tradisie van die wet nie, kan julle nie lewe hê nie.”

2. Hieroor het daar ’n groot opstand en woordewisseling van die kant van Sha’ul en Bar-Nabba teen hulle ontstaan en daar is besluit dat Sha’ul, Bar-Nabba en nog sekere ander van hulle, sou opgaan na die afgevaardigdes en oudstes in Yerushalayim, in verband met hierdie vraagstuk.

3. Hulle is hierop deur die gemeente uitgestuur en het deur Foinike en Shomron gegaan en vertel van die ander nasies se wegdraai van sondes na God toe en dit het groot blydskap vir al die broers gebring.

Handelinge 15