Handelinge 13:39-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. en dat elkeen wat vertrou, deur Hom onskuldig verklaar word van alles waarvan julle deur die wet van Moshe nie onskuldig verklaar kon word nie.

40. Wees dan versigtig dat dit wat die profete gesê het nie oor julle kom nie:Hav 1:5‘Let op, julle bespotters en wees verwonderd en word vernietig, want Ek gaan iets in julle tyd doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie’.”

42. Toe hulle van hul af weggaan, het hulle wat van ander nasies is hulle gevra dat hulle die volgende Shabbat hierdie boodskap by hulle sou bring.

43. Toe die bymekaarkoms verby was, het baie van die Jode en vreemdelinge, wat aanbidders van God was, saam met Sha’ul en Bar-Nabba gegaan. Dié het met hulle gepraat en hulle oortuig om in die onverdiende guns van God te bly.

Handelinge 13