Handelinge 13:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar was in die plaaslike gemeente in Antiogeia sekere profete en leraars, naamlik Bar-Nabba, Shim’on (wat Swart genoem word), Loukios (van Kurene), Menagem (seun van hulle wat Herodes, die heerser oor vier streke, grootgemaak het) en Sha’ul.

2. Terwyl hulle besig was om God te aanbid en te vas, het die Gees van Afsondering vir hulle gesê: “Sonder Bar-Nabba en Sha’ul vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.”

3. Nadat hulle gevas, gebid en hulle die hande opgelê het, het hulle hul uitgestuur.

4. Hulle het, nadat hulle deur die Gees van Afsondering uitgestuur is, afgegaan na Seleukeia en daarvandaan op die see gevaar na Kupros.

Handelinge 13