Handelinge 1:5-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want Yoganan het met water gedoop, maar julle sal, nie baie dae hierna nie, met die Gees van Afsondering gedoop word.”Yes 9:6-7

6. Toe hulle saam met Hom was, vra hulle vir Hom en sê: “Ons Meester, gaan U in hierdie tyd die koninkryk van Yisra’el herstel?”Deut 29:29

7. Hy antwoord hulle: “Dit is nie vir julle om die vasgestelde tye te ken wat die Vader deur Sy eie Outoriteit bepaal het nie,

8. maar wanneer die Gees van Afsondering oor julle kom sal julle krag ontvang en julle sal My getuies wees in Yerushalayim en in die hele Y’hudah en ook in Shomron en tot by die grense van die aarde.”

9. Nadat Hy hierdie dinge gesê het, het hulle gesien hoe Hy opgelig word in ’n wolk in en Hy was verberg vir hulle oë.

10. Terwyl hulle nog na die hemel kyk waarheen Hy weggaan, staan daar twee mans in wit klere langs hulle,Z’kh 14:3-5; Dan 7:13

11. wat vir hulle sê: “Manne van die Galil, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Yeshua wat van julle af opgevat is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien weggaan het.”

12. Na dit gaan hulle af van die berg af wat Beit-Tzeitha genoem word, wat omtrent drie kilometer vanaf Yerushalayim is, terug na Yerushalayim

13. en toe hulle daar kom, gaan hulle na die bo-vertrek waar Kefa, Ya’akov, Yoganan, Andréas, Filippos en T’oma, Bar-Talmai en Mattityahu, Ya’akov, die seun van (Bar)-Halfai, Shim’on die Yweraar en Y’hudah, die seun van Ya’akov, gebly het.

14. Hulle het almal as een volhard in gebed, in een gees saam met die vroue en met Miryam, die moeder van Yeshua en saam met Sy broers.

15. In daardie dae het Kefa tussen die studentevolgelinge, (dié wat bymekaar was, was omtrent honderd en twintig manne), opgestaan en gesê:

16. “Broers, dit was reg dat die Skrif vervul moes word wat die Gees van Afsondering vooruit deur die mond van Dawid gesê het aangaande Y’hudah; hy wat die gids was vir húlle wat Yeshua gevang het,

17. want hy is saam met ons getal gereken en het ’n deel van hierdie dienswerk gekry.

18. Dit is hy wat vir hom ’n stuk grond met die loon van sonde gekoop het en vooroor op die grond geval, oopgebars en al sy ingewande uitgeval het

19. en dit het bekend geword aan al die inwoners van Yerushalayim sodat daardie stuk grond in die taal van die streek Gakal-D’ma genoem is, dit is ‘Bloedgrond,’Ps 69:26 en ’n ander een sal sy dienswerk oorvat.’Ps 109:8

20. want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: ‘Laat sy woonplek verlate wees en laat daar niemand in woon nie!

Handelinge 1