Hagai 1:7-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. So sê יהוה-Tzva’ot: “Beskou jou lewenswyses!

8. Gaan op na die berge, bring hout en herbou die tempel sodat Ek daarmee tevrede kan wees en geloof, vereer en aanbid kan word,” sê יהוה.

9. Julle kyk na baie, maar let op, dit het nie tot veel gekom nie; wanneer julle dit huis toe vat, blaas Ek dit weg. Waarom?” verklaar יהוה-Tzva’ot. “As gevolg van My huis wat in puin lê terwyl elkeen van julle haastig is om vir sy eie huis te sorg;

10. daarom, as gevolg van julle, het die hemel sy dou teruggehou en die aarde sy opbrengs.

11. Ek het ’n droogte oor die land uitgeroep, oor die berge, oor die koring, oor die nuwe wyn, oor die olie en oor alles wat die grond oplewer; oor die mense, oor die diere en oor al die arbeid van jou hande.”

12. Toe het Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el en Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester en die hele volk wat oorgebly het, die stem van יהוה, hulle God en die woorde van Haggai, die profeet, gehoorsaam, soos יהוה, hulle God, hom gestuur het. Die volk het יהוה respekvol gevrees.

Hagai 1