26. Metushelag het ná die geboorte van Lemekh nog sewe honderd twee en tagtig jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.
27. Al die dae van Metushelag was nege honderd nege en sestig jaar en hy is dood.
28. Toe Lemekh honderd twee en tagtig jaar oud was, het hy vader geword
29. en sy seun Noag genoem, want hy het gesê: “Hierdie een sal ons vertroos in ons werk en in die moeitevolle dade van ons hande as gevolg van die grond wat יהוה vervloek het.”Gen 3:17