20. Hy het hulle dáárdie dag geseën en gesê: “Deur jou sal Yisra’el seën en sê: ‘Mag God jou maak soos Efrayim en soos M’nasheh’!” So het hy Efrayim voor M’nasheh gestel.
21. Toe sê Yisra’el vir Yosef: “Let op, ek sterf, maar God sal by julle wees en Hy sal julle terugbring na die land van julle vaders.
22. Ek gee bo jou broers vir jou Sh’khem, wat ek met my swaard en my boog van die Emoriete afgevat het.”