Genesis 46:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yisra’el het vertrek met alles wat aan hom behoort het, by Be’er-Sh’va gekom en offers gebring aan die God van sy vader Yitz’gak.

2. God het met Yisra’el gepraat deur visioene in die nag en uitgeroep: “Ya’akov, Ya’akov!” Hy antwoord: “Hier is ek!”

3. Hy sê: “Ek is die Magtige God, die God van jou vader. Moenie bang wees om na Mitzrayim af te gaan nie, want Ek sal van jou ’n groot nasie daar maak.

Genesis 46