Genesis 45:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe kon Yosef hom nie langer inhou voor almal wat by hom gestaan het nie en hy roep uit: “Laat almal van my af uitgaan!” Niemand het by hom gestaan toe Yosef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.Hand 7:13

2. Hy het hardop gehuil en die Mitzrayiete, asook die huis van Farao het dit gehoor.

3. Yosef sê vir sy broers: “Ek is Yosef! Leef my vader nog?” Maar sy broers was nie in staat om hom te antwoord nie, want hulle het van binne gebewe oor sy teenwoordigheid.

Genesis 45