Genesis 41:51-56 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

51. Yosef het die eersgeborene M’nasheh genoem, want, het hy gesê: “God het my al my harde werk en die hele huis van my vader laat vergeet.”

52. Die naam van die tweede het hy Efrayim genoem, want, het hy gesê: “God het my vrugbaar gemaak in die land van my onderdrukking.”

53. Die sewe jaar van oorvloed wat daar in Mitzrayim was, het geëindig

54. en die sewe jaar van hongersnood het begin kom soos Yosef gesê het en daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Mitzrayim was daar brood.Hand 7:11

55. Toe die hele Mitzrayim honger geword het en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die mense van Mitzrayim: “Gaan na Yosef, doen wat ook al hy sê.”

56. Die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde en Yosef het al die stoorkamers oopgemaak en aan die Mitzrayiete verkoop en die hongersnood het swaar geword in Mitzrayim.

Genesis 41