5. Hy het weer aan die slaap geraak en nog ’n keer gedroom en let op: sewe vet en mooi are skiet op aan een steel
6. en let op, ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei is.
7. Die maer are het die sewe vet en vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was ’n droom!
8. Dié oggend was sy gees omgekrap en hy het gestuur en al die astroloë en al die geleerde manne van Mitzrayim laat roep en Farao het aan hulle sy drome vertel, maar nie een kon dit aan Farao uitlê nie.