6. `Esav vat sy vroue, sy seuns, sy dogters, al die mense van sy huis, sy vee, al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kena’an verkry het en hy gaan na ’n land, wég van die teenwoordigheid van sy broer Ya’akov af,
7. want hulle besittings was te veel om saam te bly en die land waar hulle besoekers was, kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
8. `Esav het gaan woon in die Se’ir gebergte. `Esav is Edom.Deut 2:5,22
9. Hierdie is die nageslag van `Esav, die vader van die Edomiete, in die Se’ir berge.