Genesis 36:5-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Oholivamah het geboorte gegee aan Ye’ush, Ya’lam en Korag. Hierdie is die seuns van `Esav wat vir hom gebore is in die land Kena’an.

6. `Esav vat sy vroue, sy seuns, sy dogters, al die mense van sy huis, sy vee, al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kena’an verkry het en hy gaan na ’n land, wég van die teenwoordigheid van sy broer Ya’akov af,

7. want hulle besittings was te veel om saam te bly en die land waar hulle besoekers was, kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.

8. `Esav het gaan woon in die Se’ir gebergte. `Esav is Edom.Deut 2:5,22

9. Hierdie is die nageslag van `Esav, die vader van die Edomiete, in die Se’ir berge.

10. Dit is die name van die seuns van `Esav: Elifaz, die seun van `Adah, die vrou van `Esav; Re’u’el, die seun van Basmat, die vrou van `Esav.

11. Die seuns van Élifaz was: Teman, Omar, Tzefo, Ga’tam en K’naz.

12. Timnah was ’n byvrou van Élifaz, die seun van `Esav en sy het vir Élifaz geboorte gegee aan `Amalek. Hierdie is die seuns van `Adah, die vrou van `Esav.Deut 25: 17-19

13. Hierdie is die seuns van Re’u’el: Nagat, Zerag, Shammah en Mizah. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van `Esav.

14. Hierdie was die seuns van Oholivamah, die dogter van `Anah, die dogter van Tziv’on, die vrou van `Esav; sy het vir `Esav geboorte gegee aan Ye’ush, Ya’lam en Korag.

Genesis 36