Genesis 36:37-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

37. Ná die dood van Samlah het Sha’ul van Regovot, langs die rivier, in sy plek regeer.

38. Ná die dood van Sha’ul het Ba’al-Ganan, die seun van `Akhbor, in sy plek regeer.

39. Ná die dood van Ba’al-Ganan, die seun van `Akhbor, het Hadar in sy plek regeer en die naam van sy stad was Pa’u en die naam van sy vrou was M’heitav’el, die dogter van Matred, die dogter van Mei-Zahav.

40. Hierdie is die name van die stamhoofde van `Esav, volgens hulle families, volgens hulle blyplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof `Alvah, stamhoof Y’tet,

41. die stamhoof Oholivamah, die stamhoof Elah, die stamhoof Pinon,

42. die stamhoof K’naz, die stamhoof Teman, die stamhoof Mivtzar,

43. die stamhoof Magdi’el, die stamhoof `Iram. Hierdie was die stamhoofde van Edom, volgens hulle blyplekke in die land wat hulle besit het. Dit is `Esav, die vader van die Edomiete.

Genesis 36