Genesis 36:32-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Bela, die seun van B’or, het regeer in Edom en die naam van sy stad was Dinhavah.

33. Ná die dood van Bela het Yovav, die seun van Zerag, van Botzrah, in sy plek regeer.

34. Ná die dood van Yovav het Husham, uit die land van die Temani, in sy plek regeer.

35. Ná die dood van Husham het Hadad, die seun van B’dad, wat Midyan doodgeslaan het in die velde van Mo’av, in sy plek regeer en die naam van sy stad was `Avit.

36. Ná die dood van Hadad het Samlah van Masrekah in sy plek regeer.

37. Ná die dood van Samlah het Sha’ul van Regovot, langs die rivier, in sy plek regeer.

38. Ná die dood van Sha’ul het Ba’al-Ganan, die seun van `Akhbor, in sy plek regeer.

39. Ná die dood van Ba’al-Ganan, die seun van `Akhbor, het Hadar in sy plek regeer en die naam van sy stad was Pa’u en die naam van sy vrou was M’heitav’el, die dogter van Matred, die dogter van Mei-Zahav.

Genesis 36