25. Hierdie is `Anah se seun: Dishon en Oholivamah was `Anah se dogter.
26. Hierdie is die seuns van Dishon: Hemdan, Eshban, Yitran en K’ran.
27. Hierdie is die seuns van Etzer: Bilhan, Za’avan en `Akan.
28. Hierdie is die seuns van Dishan: `Utz en Aran.
29. Hierdie is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Shoval, die stamhoof Tziv’on, die stamhoof `Anah,
30. die stamhoof Dishon, die stamhoof Etzer, die stamhoof Dishan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Se’ir.
31. Hierdie is die konings wat regeer het in die land Edom voordat enige koning regeer het oor die seuns van Yisra’el:
32. Bela, die seun van B’or, het regeer in Edom en die naam van sy stad was Dinhavah.