10. Dit is die name van die seuns van `Esav: Elifaz, die seun van `Adah, die vrou van `Esav; Re’u’el, die seun van Basmat, die vrou van `Esav.
11. Die seuns van Élifaz was: Teman, Omar, Tzefo, Ga’tam en K’naz.
12. Timnah was ’n byvrou van Élifaz, die seun van `Esav en sy het vir Élifaz geboorte gegee aan `Amalek. Hierdie is die seuns van `Adah, die vrou van `Esav.Deut 25: 17-19
13. Hierdie is die seuns van Re’u’el: Nagat, Zerag, Shammah en Mizah. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van `Esav.
14. Hierdie was die seuns van Oholivamah, die dogter van `Anah, die dogter van Tziv’on, die vrou van `Esav; sy het vir `Esav geboorte gegee aan Ye’ush, Ya’lam en Korag.