2. Hy het die slavinne met hulle kinders voor, Le’ah met haar kinders agter hulle en Ragel en Yosef laaste gesit,
3. maar hy self het voor hulle uit oorgegaan en sewe maal met sy gesig op die grond gaan lê totdat hy by sy broer gekom het.
4. `Esav het hom tegemoet gehardloop, hom vasgehou en hom om die nek geval en hom gesoen en hulle het gehuil.
5. Hy het sy oë opgelig, die vroue en kinders gesien en gesê: “Wie is hierdie by jou?” Hy antwoord: “Die kinders wat God uit onverdiende guns aan u dienskneg gegee het.”
6. Die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders en gebuig.
7. Le’ah het ook nader gekom met haar kinders en gebuig en daarna het Yosef en Ragel nader gekom en gebuig.
8. Hy sê: “Wat is jou bedoeling met al hierdie kampe wat ek teëgekom het?” Hy antwoord: “Om guns te vind in die oë van my meester.”