Genesis 33:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ya’akov het sy oë opgelig en gesien dat `Esav aankom en let op, vier honderd man saam met hom en hy het die seuns onder Le’ah, Ragel en die twee slavinne verdeel.

2. Hy het die slavinne met hulle kinders voor, Le’ah met haar kinders agter hulle en Ragel en Yosef laaste gesit,

3. maar hy self het voor hulle uit oorgegaan en sewe maal met sy gesig op die grond gaan lê totdat hy by sy broer gekom het.

Genesis 33