Genesis 32:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ya’akov het op sy pad gegaan en die engele van God het hom ontmoet.

2. Toe hy hulle sien, sê Ya’akov: “Dit is die kamp van God” en hy het die plek Maganayim genoem.

3. Ya’akov het boodskappers voor hom uitgestuur na sy broer `Esav in die land van Se’ir, die land Edom

4. en aan hulle bevel gegee en gesê: “So moet julle aan my meester, aan `Esav, sê: ‘So sê Ya’akov, u dienskneg; ek het as besoeker gebly by Lavan en daar gebly tot nou toe

Genesis 32