26. Daarna is sy broer gebore terwyl sy hand die hakskeen van `Esav vashou en hulle het hom Ya’akov genoem. Yitz’gak was sestig jaar oud by hulle geboorte.
27. Die seuns het opgegroei: `Esav was ’n ervare jagter, ’n man van die veld, maar Ya’akov was ’n sagte, vredevolle man wat in tente gebly het.
28. Yitz’gak het `Esav liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak, maar Rivkah het Ya’akov liefgehad.
29. Ya’akov het ’n kooksel voorberei en `Esav het moeg uit die veld gekom.
30. `Esav sê vir Ya’akov: “Laat my asseblief van die rooi goed afsluk, want ek is moeg.” Hulle het hom Edom genoem.
31. Ya’akov antwoord: “Verkoop vandag jou eersgeboortereg aan my.”