Genesis 25:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Dit is die name van die seuns van Yishma’el, hulle name volgens hulle geboorte: die eersgeborene van Yishma’el, N’vayot; dan Kedar, Adbe’el, Mivsam,

14. Mishma, Dumah, Massa,

15. Hadad, Teima, Y’tur, Nafish en Kedmah.

16. Hierdie is die seuns van Yishma’el en dit hulle name, volgens hulle dorpe en kastele; twaalf heersers volgens hulle nasies.

17. Dit is die lewensjare van Yishma’el: honderd sewe en dertig jaar en hy het die asem uitgeblaas en is dood en hy is by sy volksgenote versamel.

Genesis 25