Genesis 24:24-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Sy antwoord hom: “Ek is die dogter van B’tu’el, die seun van Milkah, wat vir Nagor gebore is.”

25. Sy sê ook vir hom: “Daar is ook genoeg strooi en voer by ons, asook plek om te oornag.”

26. Die man buig sy kop af en gaan lê plat op die grond voor יהוה

27. en hy sê: “Geseënd is יהוה, die God van Avraham, my meester, wat Sy omgee en Sy waarheid nie aan my meester teruggehou het nie. Wat my betref, יהוה het my op die pad gelei na die huis van die broer van my meester.”

Genesis 24