Genesis 20:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Avraham het daarvandaan weggetrek na die Negev en gaan bly tussen Kadesh en Shur en as besoeker in G’rar gebly.

2. Avraham het van Sarah, sy vrou, gesê: “Sy is my suster.” Avimelekh, die koning van G’rar, het Sarah laat haal.

3. God het egter in die nag by Avimelekh gekom in ’n droom en vir hom gesê: “Let op, jy is dood as gevolg van die vrou wat jy gevat het, want sy is ’n getroude vrou.”

4. Avimelekh het egter nog nie naby haar gekom nie en hy vra: “יהוה, sal U ’n opregte en onskuldige nasie ook doodmaak?

Genesis 20