Genesis 18:11-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Avraham en Sarah was oud, ver gevorderd in dae en dit het met Sarah nie meer volgens die natuur van vroue gegaan nie.

12. Sarah het as gevolg hiervan in haar binneste gelag en gedink: ‘Sal ek plesier hê nadat ek oud geword het en my meester ook oud is?’1 Kef 3:6

13. Toe sê יהוה vir Avraham: “Waarom het Sarah daar gelag en gesê: ‘Sal ek werklik geboorte gee, ek wat oud geword het?’

14. Is enige iets vir יהוה te moeilik? Op die vasgestelde tyd, na die tyd van lewe, sal Ek na jou toe terugkom en Sarah sal ’n seun hê.”Rom 9:9

15. Sarah het dit ontken en gesê: “Ek het nie gelag nie,” want sy was bang. Hy sê: “Nee, maar jy het gelag.”

16. Toe staan die manne daarvandaan op en hulle het in die rigting van S’dom gekyk en Avraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring.

Genesis 18