Genesis 17:6-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Ek sal jou vrugbaar maak en jou uitermate oorvloedig vermeerder: Ek sal jou vader van baie nasies maak en konings sal uit jou lendene kom.

7. Ek sal My verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou, in hulle geslagte, as ’n ewige verbond: Ek sal vir jou God wees en vir jou nageslag ná jou.

8. Ek sal ook aan jou en jou nageslag ná jou die land, waar jy besoeker is, gee; die hele land Kena’an, as ’n ewige erfenis en Ek sal hulle God wees.”

Genesis 17