Genesis 17:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Avram nege en negentig jaar oud was, het יהוה aan Avram verskyn en vir hom gesê: “Ek is El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is); leef goed in My Teenwoordigheid en wees sonder vlek

2. en Ek sal My verbond sluit tussen My en jou en jou uitermate oorvloedig vermeerder.

3. Toe val Avram op sy gesig en God het met hom gepraat en gesê:

4. “Wat My betref, let op, Ek sluit My verbond met jou en jy sal die vader van ’n menigte nasies wees.

5. Jou naam sal ook nie meer Avram wees nie, maar jou naam sal Avraham wees, want Ek het jou ’n vader van ’n menigte nasies gemaak.Rom 4:17

Genesis 17