Genesis 13:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Avram het uit Mitzrayim na die Negev opgetrek; hy, met sy vrou en al sy besittings en Lot saam met hom.

2. Avram was baie ryk aan vee, silwer en goud.

3. Hy het van plek tot plek vanuit die Negev deurgetrek tot by Beit-El, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Beit-El en `Ai,

4. na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het en Avram het daar die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep.

Genesis 13