Filippense 2:22-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Die bewys van hiérdie een ken julle, dat hy, soos ’n kind by sy vader, saam met my in diens van die goeie boodskap is.

23. Ek verwag om hom gou te stuur, sodra ek sien hoe dit met my sal gaan

24. en ek vertrou op my Meester dat ek self ook gou na julle toe sal kom.

25. Nou het ’n saak my genoodsaak om Epafroditos, my broer, medewerker en julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle toe te stuur

Filippense 2