10. Moshe en Aharon het ingegaan na Farao toe en gedoen presies soos יהוה hulle beveel het: Aharon het sy staf voor Farao en voor sy diensknegte neergegooi en dit het ’n slang geword.
11. Farao het óók die wyse manne en die towenaars geroep en hulle, die Mitzrayitiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle geheime kunste,
12. want elkeen het sy staf neergegooi en dit het slange geword, maar Aharon se staf het hulle stawwe ingesluk.
13. Farao se wil, emosie en verstand was onveranderlik en hy het nie na hulle geluister nie, soos יהוה gesê het.