Eksodus 40:21-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Hy het die ark in die tabernakel ingebring, die verdelingsgordyn as bedekking opgehang en die ark van die Getuienis toegemaak, soos יהוה Moshe beveel het.

22. Hy het die tafel in die Tent van Ontmoeting neergesit, aan die noordekant van die tabernakel, buitekant die verdelingsgordyn.

23. Hy het die brood daarop gerangskik voor die Teenwoordigheid van יהוה, soos יהוה Moshe beveel het.

24. Hy het ook die lampstaander in die Tent van Ontmoeting gesit, oorkant die tafel, aan die suidekant van die tabernakel.

25. Hy het die lampe opgesteek, voor die Teenwoordigheid van יהוה, soos יהוה Moshe beveel het.

26. Hy het die goue altaar in die Tent van Ontmoeting neergesit, voor die verdelingsgordyn

27. en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos יהוה Moshe beveel het.

28. Hy het die gordyn aan die ingang van die tabernakel opgehang.

29. Hy het die brandofferaltaar by die ingang van die Tent van Ontmoeting neergesit en hy het die brandoffer en die graanoffer daarop gebring, soos יהוה Moshe beveel het.

30. Hy het die kom tussen die Tent van Ontmoeting en die altaar gesit en hy het water ingegooi om mee te was

31. en Moshe, Aharon en sy seuns het hulle hande en voete daar gewas.

Eksodus 40