1. B’tzal’el en Oholi’av en elkeen wat kunstig is, in wie יהוה wysheid en begrip gegee het om te weet hoe om al die werk tot diens van die Afgesonderde Plek te doen, moes dit maak net soos יהוה beveel het.
2. Moshe het B’tzal’el, Oholi’av en elkeen wat kunstig was, in wie se wil en verstand יהוה wysheid gegee het, geroep; elkeen wie se wil en verstand hom opgewek het om die werk te kom doen.
3. Hulle het al die bydraes, wat die seuns van Yisra’el vir die uitvoer van die werk by die maak van die Afgesonderde Plek gebring het, vanaf Moshe ontvang en hulle het oggend na oggend steeds vir hom vrywillige offergawes gebring.