Eksodus 35:3-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Julle mag geen vuur aansteek op die ShabbatEks 16:23 in enige een van julle blyplekke nie.”Eks 12:16

4. Moshe het met die hele vergadering van die seuns van Yisra’el gepraat en gesê: “Dít is wat יהוה beveel en gesê het:

5. Vat vanuit julle ’n bydrae aan יהוה. Laat elkeen met ’n gewillige verstand, wil en emosie dit bring as ’n bydrae aan יהוה: goud, silwer en koper;

6. blou, pers en bloedrooi materiaal, wit geweefde linne en bokhaar;

7. rooigekleurde ramsvelle, dugongvelle en akasiahout;

8. olie vir die lampstaander, speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

9. oniksstene en stene om in te lê in die skouerstuk en die borsplaat.

10. Almal onder julle wat kunstig is, moet kom en alles maak wat יהוה beveel het:

11. die tabernakel, sy tent, sy bedekking, sy hakies, sy borde, sy pale, sy pilare en sy voetstukke;

12. die ark en sy pale, die toedekking en die verdelingsgordyn van die toedekking;

13. die tafel met sy pale en al sy bybehore en die brode van die Teenwoordigheid;

14. asook die lampstaander vir verligting, met sy bybehore, sy lampe en die olie vir die lig;

15. die reukaltaar met sy pale, die salfolie en die reukwerk van speserye en die gordyn vir die ingang van die tabernakel;

16. die brandofferaltaar met sy raamwerk van koper, sy pale en al sy bybehore; die kom met sy voetstuk;

17. die behangsels van die voorhof, sy pilare, sy voetstukke en die gordyn van die poort van die voorhof;

Eksodus 35