Eksodus 3:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Verder sê Hy: “Ek is die God van jou vader, die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov.”Mat 22:32; Mar 12:26; Luk 20:37; Hand 3:13 Moshe het sy gesig weggesteek, want hy was bang om na God te kyk.

7. יהוה sê: “Ek het aandag gegee aan die onderdrukking van My volk wat in Mitzrayim is en Ek het hulle uitroep oor hulle taakdrywers gehoor, want Ek is bewus van hulle smarte.

8. Ek het afgekom om hulle uit die hand van die Mitzrayiete te bevry en hulle te laat opgaan uit daardie land na ’n goeie en uitgestrekte land, na ’n land wat vloei met melk en heuning, na die blyplek van die Kena’aniete, Hittiete, Emoriete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete.

9. Nou, let op, die uitroepe van die seuns van Yisra’el het tot by My gekom en Ek het ook die onderdrukking gesien waarmee die Mitzrayiete hulle onderdruk.

10. Kom daarom nou en Ek sal jou na Farao stuur sodat jy My volk, die kinders van Yisra’el, uit Mitzrayim kan uitbring.”Hand 7:34

11. Moshe sê vir God: “Wie is ek dat ek na Farao sal gaan en dat ek die kinders van Yisra’el uit Mitzrayim sal uitbring?”

12. Hy antwoord: “Ek sal sekerlik by jou wees en dit sal vir jou ’n teken wees dat Ek jou gestuur het: wanneer jy die volk uit Mitzrayim uitgebring het, sal julle יהוה op hierdie berg aanbid.”

13. Moshe sê vir God: “Let op, as ek by die seuns van Yisra’el kom en vir hulle sê: ‘Die God van julle vaders het my na julle toe gestuur’ en hulle my vra: ‘Wat is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)?’ Wat sal ek hulle antwoord?”

14. God sê vir Moshe: “אהיה אשר אהיה (EK IS, WAS, SAL WEES WIE EK IS, WAS, SAL WEES).” Ook sê Hy: “So moet jy die seuns van Yisra’el antwoord: אהיה (EK IS, WAS, SAL WEES) het my na julle toe gestuur.”Mar 14:62; Yog 4:26; Open 1:4,8

15. Verder sê God vir Moshe: “Dit moet jy vir die seuns van Yisra’el sê: ‘יהוה, die God van julle vaders, die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov, het my na julle toe gestuur.’Hand 3:13 Dit is My ewige Naam (Karakter en Outoriteit) en dit is hoe van My gepraat word van geslag tot geslag.

Eksodus 3